Boek: Die ou vrou en die priester en ander verhale

die ou vrou en die priesterCecile Cilliers

Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in ’n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan.

Verskeie van die verhale bevat ’n sterk geestelike ondertoon: bewyse van ’n skrywer wat besin, wat ondersoek, en wat nie skroom om dít wat onverklaarbaar is te probeer oopskryf nie.

Oor die outeur

Cecile Cilliers is in 1933 gebore. In 1980 ontvang sy haar doktorsgraad in letterkunde. Drie-en-dertig jaar lank, tot in 2014, het Cecile rubrieke geskryf vir BeeldDe Kat en Sa​rie. Versamelings van die onderskeie rubrieke is deur Tafelberg uitgegee; verskeie publikasies verskyn ook by CUM. Cecile woon in Vishoek en het drie kinders.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering 
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.