Boek: Die pasiënt as vennoot

Die-pasient-as-vennoot-voorblad-003.jpgDr. Dawie van Velden

Daar is soveel teenstrydige inligting beskikbaar oor watter dieet om te volg, hoeveel oefening om te doen, hoeveel water om te drink, watter medisyne om te neem, ensovoorts. In Die pasiënt as vennoot skei die bekende dr. Dawie van Velden die kaf van die koring en gee praktiese raad om holistiese welsyn te bereik: wanneer die liggaam, siel en gees optimaal gesond is. In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasiënt medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.

Oor die outeur

Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ‘n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper Labuschagne ·

Min skryf oor die komende mediese revolusie, waar die pasiënt self ingelig sal wees oor sy of haar mediese toestande op ‘n gesaghebbende gesag naastenby gelykstaande aan die van die mediese praktisyn. Dit word vermag nie net deur die magdom puik inligting wat reeds op die Internet beskikbaar is nie, maar deur gespesialiseerde mediese diagnostiese toestelle waarvan die slim polshorlosie toestelle bloot die begin is. Die volgende geslag toestelle sal besliste diagnoses kan maak deur middel van kunsmatige intelligensie. Hierdie boek waar die pasiënt as vennoot van die mediese praktisyn gesien kan word, verskyn dus net op die regte oomblik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.