Boek: Die perd en sy seun

Die-perd-en-sy-seun-C.S. Lewis

Toe Sjasta uitvind hy’s nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs ’n bietjie verlig. Hy’t in elk geval nog nooit soos ’n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie.

Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur ’n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoë berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging lê nog voor hom: “As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.”

Oor die outeur

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.