Boek: Die perfekte brander en ander verhale

die perfekte branderMarieta Nel en Adinda Vermaak

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees.

Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.

Oor die samestellers

Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R170,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.