Heerlike humoristiese kontreiverhale uit die Vrystaat, deur die bekende rubriekskrywer, Herman Toerien, wat Maroela Media se daaglikse nuuskommentaar hanteer en die gewilde lekkerleesblog, Oom Herrie se kerrie.
As politieke kommentator is die opteken van humoristiese verhale vir Herman dikwels soos ‘n reddingsboei. Maar nie al die stories is in die eerste plek geskryf om humoristies te wees nie, dit is ook vol patos, wat dui op ‘n deernisvolle kyk na menswees.
Lees ‘n uittreksel uit die boek.
Koop die boek hier: TakeALot, Leserskring of KoboBooks
Oor die outeur:
Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.