Boek: Die reus Van der Bees

Elli Woollard

Die reus Van der Bees is ʼn nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot:

“Fie! Faai! Fam! Fou!

Ek’s lus vir knaag. Ek’s lus vir kou.

Ek soek na ‘n kind wat ek gou kan verslind.

‘n Kind vir my pan en sy voornaam is Jan!”

Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ʼn kind vir sy maaltyd. ʼn Seun genaamd Jan het ʼn ander reus by ʼn boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ʼn reusebord as dié klein karnallie.

Oor die outeur

Elli Woollard is die skrywer van talle prenteboeke en kinderrympies. Sy skryf pittige, humoristiese rympies wat baie gewild is onder jong lesers. Dié boek, haar deubt, was ʼn groot sukses in Engeland. Sy woon in Londen met haar man en vier kinders.

Oor die illustreerder

Benji Davies het animasie gestudeer en werk aan ʼn verskeidenheid projekte, van prenteboeke tot kort animasieprente en advertensies. Sy eie boek The Storm Whale (deur Protea Boekhuis uigegee as Die stormwalvis) het die Oscar’s Book Prize gewen. Sy tweede boek, Grandad’s Island (deur Protea Boekhuis uitgegee as Oupa se eiland) het die AOI World Illustration Award gewen in 2015, asook die Children’s Book of the Year-toekenning in 2016.

Oor die vertaler

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ʼn IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Max ·

Terwyl ek baie respek het vir Philip de Vos se talent, is ek so moeg van Protea
Boekhuis se sg. vertaalde kinderboeke. Ons kinders word aan Franse en Chinese kulture blootgestel waarby hul geen aanklank kan vind nie terwyl ons skat van inheemse verhale geïgnoreer word. Ek het al na baie van hierdie vertaalde werke oor rsg geluister en ek kan nie sien hoe kinders na hierdie goed sal luister of self lees nie. Dis natuurlik goedkoper om oorsese sg. klassieke verhale te vertaal en dan uit te gee (veral as die uitgewery sommer self die vertaling doen) maar verkoop hierdie boeke? Wat sê die statistieke? Intussen word Suid-Afrikaanse skrywers – veral die Afrikaanses – se talent nooit erken of ontwikkel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.