Boek: Die ridder Buik-op-den-Bodem

Gilles Bachelet

Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig ʼn paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, ʼn prinses red, ʼn potjie skaak met ʼn ou vriend speel…

Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot môre kan wag.

Oor die outeur

Gilles Bachelet (1952) het vir tydskrifte en kinder­boeke begin illustreer nadat hy kuns studeer het. Hy is ʼn illustrasiedosent aan die École Supérieure d’Art in Cambrai, Frankryk.

Oor die vertaler

Nicol Stassen doen al meer as ʼn dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ’n BA-graad in tale, ʼn meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ʼn doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.