Boek: Die Rietrotte is terug met nóg ʼn raaisel

Nerine Ahlers

Dit is die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?

En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal laat nie…. Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Die Rietrotte en die raaisel is die derde boek in die reeks.

Oor die skrywer

Nerine Ahlers is ’n gerekende jeugboekskrywer en van haar boeke het al pryse verower. As hoërskoolonderwyseres is sy bekend met die leefwêreld, taalgebruik en belangstellings van tieners. In die Rietrotte-reeks word aktuele kwessies soos misdaad en gesinsprobleme op uiters suksesvolle wyse verweef met die prettige kaskenades van ’n klomp tienerseuns.

Ouderdom: Jeugfiksie (12 tot 14 jaar)
Prys: R160,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae