Boek: ‘Die Rietrotte lê laag’ – Nerine Ahlers

Nerine Ahlers

Uiteindelik het Daniël ’n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.

Die Rietrotte lê laag is die vyfde boek in Nerine Ahlers se Rietrotte-reeks. Dit volg op Die Rietrotte van Rietvallei Hoër, Die Rietrotte en die rowers, Die Rietrotte en die raaisel en Die Rietrotte en die stropers. Dit is geskik vir kinders van gr. 6 tot 8.

Oor die skrywer

Nerine Ahlers het gematrikuleer aan die Hoërskool Menlopark en verder gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy ’n meestersgraad behaal het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres het sy Frans vir hoërskoolleerders gegee.

Ahlers is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is…, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is… en Selfone, skelms en sjokolade het albei ATKV-Kinderboektoekennings ontvang.

Ahlers skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.