Boek: ‘Die Rietrotte weet te veel’ – Nerine Ahlers

Nerine Ahlers

Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word deur Antonie se ma genooi vir ʼn naweek in Johannesburg. Maar ʼn cool video wat hulle van motorfietse neem wat agterin ʼn meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …

Die Rietrotte weet te veel is die sesde boek in Nerine Ahlers se Rietrotte-reeks. Dit volg op Die Rietrotte lê laag, Die Rietrotte van Rietvallei Hoër, Die Rietrotte en die rowers, Die Rietrotte en die raaisel en Die Rietrotte en die stropers.

Oor die skrywer

Ahlers het matriek behaal aan die Hoërskool Menlopark en verder gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy ’n meestersgraad behaal het. As opgeleide taalonderwyseres het sy Frans vir hoërskoolleerders gegee.

Ahlers is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade het albei ATKV-Kinderboektoekennings ontvang.

Ahlers skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Sy is mal oor lees, skryf en vertaalwerk. Sy stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.