Boek: ‘Die ritme van die reën’

Isak speel in sy gunstelingpoel langs die berg. Toe dit begin reën, gooi hy die water in sy bottel in die poel en hardloop saam met die blink strome waar dit oor watervalle stort, in riviere kronkel en uitmond in die see. Waar gaan die water wat in my bottel was nou heen, wonder Izak.

Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.

Oor die outeur

Grahame Baker-Smith is al 20 jaar lank skrywer en illustreerder. Hy het in 2011 die gesogte Greenaway-medalje vir sy kinderboek Farther ontvang.

Die boek is deur Deborah Steinmair vertaal.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Ses tot nege jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae