Boek: Die rooi rok

Dux en Ena van der Walt

Ouma het vir Doortjie ʼn pragtige rooi rok vir Krismis gemaak. Sy is só opgewonde dat sy besluit om die rok sommer al ʼn dag vroeër aan te trek om water by die windpomp te gaan haal en haar skilpad te voer. Maar toe die rok erg verniel, moet Doortjie dringend planne beraam sodat Ouma nie agterkom sy het dit skelm gedra nie.

Oor die outeur en illustreerder

Dis ʼn nuwe (tweede) uitgawe. Anneliese Voigt-Peters het hierdie verhaal by Ena van der Walt gekry toe Anneliese teen 1995/6 ʼn student in Kinderboek Illustrasie aan die Stellenbosch Universiteit was en sy ʼn kinderverhaal gesoek het om as praktiese deel van haar kursus in te dien. Die storie oor ʼn rooi rok het Dorothea Grond (Doortjie in die boek) aan Ena vertel terwyl sy by hulle as ʼn kindergrootmaak-hulp gewerk het. Ena het dit opgeteken en is eintlik die ware outeur van die verhaal.

Teen 2006 het die boek ook die lig gesien in Engels, isiXhosa, Setswana, isiZulu en Sesotho sowel as Sesotho sa Leboa. In 2010 het die boek in al hierdie tale deel uitgemaak van die mini-biblioteek wat Biblionef in die verskillende streke van SA aan agtergeblewe skoolbiblioteke geskenk het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.