Boek: Die SAW en Cuito Cuanavale

Leopold Scholtz

In 1987 tot 1988 was Cuito Cuanavale, die stowwerige Angolese dorpie, die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dít is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassifiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Oor die outeur

Scholtz is ’n oudjoernalis en die skrywer van agt boeke, waaronder Die SAW in die Grensoorlog en Ratels aan die Lomba.

Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Scholtz het in 2013 afgetree, maar skryf steeds analises oor die internasionale politiek en aktuele sake.

Hy is in 1997 gewerf vir die reserwemag van die SANW en het by verskeie hoofkwartiere as stafoffisier (kaptein) gedien. Hy is tans ’n navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Jonathan Ball Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Mmmm ….in 83 het ons ook n bloedneus gekry tydens ops Dolfyn naby Kahama. Ek sal dit nooit ooit vergeet nie. Die ergste natuurlik alles was vir niks….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.