Boek: ‘Die Seepunt-insident’ – Gerhard Greyvensteyn

Gerhard Greyvensteyn

Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ʼn eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ʼn helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.

Private speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Vos en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en te mediteer… Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watter knoppies om te druk.

Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ʼn gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Sjanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom die dat ʼn ekskollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.

Die Seepunt-insident is Gerhard Greyvensteyn se debuutroman. Dit is deur Penguin Random House uitgegee.

Oor die skrywer

Greyvensteyn woon die afgelope paar jaar in China waar hy vir ʼn maatskappy werk wat Engels aan volwassenes onderrig. Voorheen het hy in Kaapstad in die reklame-afdeling van ʼn mediamaatskappy gewerk.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.