Boek:  Die seerower en die vuurvliegie

 Seerower-en-die-vuurvliegie.jpgTara McClary Reeves en Amanda Jenkins

Oliver is mal daaroor om ’n seerower te wees, maar hy vind gou uit hy hou nie daarvan om ander mense blindelings te volg nie, veral as hulle verkeerde dinge doen.

In hierdie opwindende verhaal leer Phineas die vuurvliegie vir Oliver dat ware vriende ons nie in versoeking bring om verkeerde en gevaarlike dinge te doen nie. Die jong seerower gaan op ’n avontuur deur Psalm 1:1-3 en leer om wyse besluite te neem wat na die beste skat lei.

Deur die hele avontuur leer kaptein Oliver dat om God se manier te volg die ware pad van wysheid is!

Ouers kan hulle kinders se geestelike groei tot die volgende vlak neem danksy die vrae en aktiwiteit agter in Die seerower en die vuurvliegie.

Oor die outeurs en illustreerder

Tara McClary Reeves vind elke dag vreugde in die roeping om haar drie kinders na Jesus toe te lei. Sy bid dat hierdie boek ouers sal toerus om hulle kinders te help om die regte besluite te neem.

Amanda Jenkins se passie is om Bybelse waarhede aan kinders oor te dra op ’n manier waarmee hulle hulle kan vereenselwig. Sy is die skoondogter van die New York Times-topverkoper-outeur Jerry B. Jenkins, skepper van die Left Behind-reeks.

Daniel Fernández is gebore in Santiago de Chile en woon in Duitsland vandat hy 5 jaar oud is. Hy het al meer as 30 boeke gepubliseer en het al pryse gewen vir kreatiwiteit en kuns.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R49,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.