Boek: Die seerowers en die spookskip

Jonny Duddle

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders! Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly?

Oor die skrywer

Jonny Duddle het grafiese ontwerp gestudeer en was ’n karakterontwerper vir rekenaarspeletjies. Sy tweede boek, The Pirates Next Door, het die Waterstones Children’s Book Prize in 2012 gewen. Jonny woon tans in Wallis saam met sy vrou, Jane, en hulle dogters, Daisy en Rosie.

Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R155,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.