Boek: Die seuns van Bird Island

Dit is die laat tagtigerjare. Ernstige aantygings teen drie prominente NP-ministers doen die ronde. Een van die drie is, naas die staatshoof, die magtigste man in Suid-Afrika.

’n Polisieman en ’n joernalis ondersoek die gerugte dat jong seuns op ’n eiland aan die kus van Port Elizabeth misbruik word.

Mark Minnie en Chris Steyn beweer dat hulle, onafhanklik van mekaar, op dieselfde donker geheim afgekom het. Volgens Minnie en Steyn het die saak egter net kortstondig aandag gekry voordat dit doodgesmoor is en verdwyn het. Dertig jaar later sit Steyn en Minnie al die inligting wat hulle versamel het in dié opspraakwekkende boek bymekaar en vertel ’n verhaal van beweerde misdaad, toesmeerdery en amptelike medepligtigheid in die beweerde verkragting, en moontlik selfs moord, van kinders.

Oor die outeurs:
Mark Minnie is ’n voormalige polisieman wat in die 1980’s by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se Narkotikaburo as speurder gewerk het. Sedert hy Suid-Afrika in 2007 verlaat het, het hy ’n CELTA-onderwyssertifikaat deur die Universiteit van Cambridge in Londen verwerf. Daarna het hy vir die Universiteit van Cambridge en die British Council in China as Engelse eksaminator gewerk. Tans werk hy as ’n Engelsonderwyser by die Universiteit van Guangzhou in China. Al woon hy in ’n land ver van die huis, is sy gunsteling-tydverdryf om saam met mede-buitelanders daar sport te kyk, veral wanneer die manne in groen en goud speel.

Chris Steyn is ’n ondersoekende skrywer en joernalis. Sy het oor die jare vir die Rand Daily Mail, The Star en die Cape Times gewerk. Sy was redakteur van die ondersoekende joernalistiekspan van sestien koerante in die Independent Newspapers-groep. Nadat sy geweier het om teen een van haar bronne te getuig, is sy noodgedwonge in ballingskap om gevangenisstraf in Suid-Afrika vry te spring. Terug in Suid-Afrika is sy in hegtenis geneem en aangekla omdat sy protes aangeteken het teen ’n apartheidsproklamasie wat media-vryheid drasties ingeperk het. Sy is die trotse mede-eienaar en bestuurder van ’n boekwinkel op die kusdorp waar sy tans woon.

Uitgewers: Tafelberg
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

Hou Maroela Media dop vir meer oor Die Seuns van Bird Island.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

111 Kommentare

jongste oudste gewildste
J.C

Ek glo dit. Kyk wat het hy in Bop gedoen.

Gehardt O

Hierdie bewerings is erg skokkend en iets binne my voel dat dit waar is. Wys jou net hoe sleg die mens kan wees. Magnus, Pik en John, ai ai ai.

Johann cb

Só kom álmal se dinge uiteindelik uit!

Essa

Daar is ‘n uittreksel uit die engelse weergawe op News24. Ek sidder. Ek is naar. Ek lees nog met ontsetting aan Liza Smit se boek oor die moorde op haar ouers (Robert en Jeanne 1977 ) Komplotte, toesmeerdery, magmisbruik, oneerlikheid. Wreedheid. Mense wat ons respekteer en bewonder het van ons kinderdae af. Nou dit ……. Wil diegene wat nog kwaad en verontreg voel oor die verandering van regering na 1994 nie asseblief besef ons was nie beter daaraan toe nie – met bestuur en ekonomie wel, maar korrupsie en self verryking was daar. En moreel was ons in ‘n diep… Lees meer »

Maryna

G’n wonder ons word so gehaat nie! Almal weet iets wat ons nie weet nie ?