Boek: Die seuns van Bird Island

  • Media24 het verskoning aangebied vir die publikasie van lasterlike stellings aangaande Mnr Barend du Plessis in die boeke “The Lost Boys of Bird Island” en “Die Seuns van Bird Island” asook die emosionele skade wat die publikasie van die boeke vir die Malan- en Wiley-families kon veroorsaak het. Volg hierdie skakel na die relevante verskoning. Hierdie verklaring is op die versoek van NB Uitgewers bygewerk – Red.

Dit is die laat tagtigerjare. Ernstige aantygings teen drie prominente NP-ministers doen die ronde. Een van die drie is, naas die staatshoof, die magtigste man in Suid-Afrika.

’n Polisieman en ’n joernalis ondersoek die gerugte dat jong seuns op ’n eiland aan die kus van Port Elizabeth misbruik word.

Mark Minnie en Chris Steyn beweer dat hulle, onafhanklik van mekaar, op dieselfde donker geheim afgekom het. Volgens Minnie en Steyn het die saak egter net kortstondig aandag gekry voordat dit doodgesmoor is en verdwyn het. Dertig jaar later sit Steyn en Minnie al die inligting wat hulle versamel het in dié opspraakwekkende boek bymekaar en vertel ’n verhaal van beweerde misdaad, toesmeerdery en amptelike medepligtigheid in die beweerde verkragting, en moontlik selfs moord, van kinders.

Oor die outeurs:
Mark Minnie is ’n voormalige polisieman wat in die 1980’s by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se Narkotikaburo as speurder gewerk het. Sedert hy Suid-Afrika in 2007 verlaat het, het hy ’n CELTA-onderwyssertifikaat deur die Universiteit van Cambridge in Londen verwerf. Daarna het hy vir die Universiteit van Cambridge en die British Council in China as Engelse eksaminator gewerk. Tans werk hy as ’n Engelsonderwyser by die Universiteit van Guangzhou in China. Al woon hy in ’n land ver van die huis, is sy gunsteling-tydverdryf om saam met mede-buitelanders daar sport te kyk, veral wanneer die manne in groen en goud speel.

Chris Steyn is ’n ondersoekende skrywer en joernalis. Sy het oor die jare vir die Rand Daily Mail, The Star en die Cape Times gewerk. Sy was redakteur van die ondersoekende joernalistiekspan van sestien koerante in die Independent Newspapers-groep. Nadat sy geweier het om teen een van haar bronne te getuig, is sy noodgedwonge in ballingskap om gevangenisstraf in Suid-Afrika vry te spring. Terug in Suid-Afrika is sy in hegtenis geneem en aangekla omdat sy protes aangeteken het teen ’n apartheidsproklamasie wat media-vryheid drasties ingeperk het. Sy is die trotse mede-eienaar en bestuurder van ’n boekwinkel op die kusdorp waar sy tans woon.

Uitgewers: Tafelberg
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

Hou Maroela Media dop vir meer oor Die Seuns van Bird Island.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Mari ·

Ek wonder oor die “storie”. Hoekom mag die naam van die ander minister nie genoem word nie? Sekerlik moet hy tog sy dag in die hof kry? Dit maak nie sin nie. Die matrone se naam word ook nie genoem nie. En aarde, sy bere die geld al vir baie jare? Die seun wat se Malan was die wreedste van almal, wat is sy naam? Hy kan mos ook in die hof getuig? Die helikopter loods ? Die kinders kan dan sekerlik opgespoor word op te getuig? As ek n oud minister was, wil ek nie die volgende een wees wat sterf nie, want dalk word hy die minister “wie se naam nie genoem mag word nie.” Vergelyk die boek (ek sal dit beslis nie lees nie)met Pauw se boek. In sy boek word name genoem, datums gegee ens. Geloofwaardig. En beste van alles: n seun word in sy anus geskiet en word n paar dae later ontslaan? Wonder wat n dokter daarvan sal se. Ek hoop die Malans dagvaar die twee. Ek wil nog baie se , maar die spasie laat dit nie toe nie.

Gehardt O ·

Hierdie bewerings is erg skokkend en iets binne my voel dat dit waar is. Wys jou net hoe sleg die mens kan wees. Magnus, Pik en John, ai ai ai.

TinaB ·

Pik ook? Die ander nuusblad sê dit was die ander moontlike kandidaat om PW Botha op te volg, dis die een van finansies gewees? Maar ons mag nie sy naam noem nie.

Hendrik Jordaan ·

Wel, daar is goeie redes om dit nie te glo nie. Hoekom nou eers daarvan “uitvind” nadat die beskuldigde nie eers terug kan praat nie?!

Essa ·

Daar is ‘n uittreksel uit die engelse weergawe op News24. Ek sidder. Ek is naar. Ek lees nog met ontsetting aan Liza Smit se boek oor die moorde op haar ouers (Robert en Jeanne 1977 ) Komplotte, toesmeerdery, magmisbruik, oneerlikheid. Wreedheid. Mense wat ons respekteer en bewonder het van ons kinderdae af. Nou dit ……. Wil diegene wat nog kwaad en verontreg voel oor die verandering van regering na 1994 nie asseblief besef ons was nie beter daaraan toe nie – met bestuur en ekonomie wel, maar korrupsie en self verryking was daar. En moreel was ons in ‘n diep gat mooi ge-kamoefleer deur valse ordentlikheid vol godsdiens en vroomheid en onder draai die duiwel rond. Ja, ek sidder.

Casper Labuschagne ·

@Essa – ons lewe in ‘n tydperk van disinformasie en fopnuus – sien ook my kommentaar hieronder. Ek was in die veiligheidsmagte gewees en daardie dae was daar nie sprake van al hierdie aantygings nie, behalwe in die propaganda van ons vyande. Inteendeel almal waarmee ek te doen gehad het, het tot uiterstes gegaan om hul huis skoon te hou. Ja, daar was wel soms brutaliteit as ANC of SWAPO lede ondervra word, maar dit was sodat onskuldige lewens gespaar kon word in landmyn ontploffings, en bomme in restaurante.

Die Smit moorde in 1977 het vir almal geskok en net enkele persone het selfs ‘n vermoede gehad oor wat gebeur het. Maar intern het die NP regering daarna huis skoongemaak. Teen 1978 was John Vorster nie meer eerste minister nie terwyl dit enkele jare langer geneem het om die Buro vir Staatsveiligheid tot niet te maak en te vervang met die Nasionale Inligtingsdiens.

Hierdie aantygings kom nie vanaf die lede van die ou weermag nie en kom nie van diegene wat in die staatsdiens gewerk het nie. In my ondervinding het 99% van die amptenare van die staatsdiens of lede van die weermag hoegenaamd niks om weg te steek nie want hulle was absoluut eerlik en pligsgetrou.

Maryna ·

G’n wonder ons word so gehaat nie! Almal weet iets wat ons nie weet nie ?

Katie ·

Die h ele storie klink na n slang in die gras. Hoekom mag die ander minister se naam nie genoem word nie? Want hy leef n og die ander is dood en kan hulself nie verdedig nie. Julle moet die berigte weer lees. Helikopter loods sou sekerlik al gepraat het? Van die kinders? n Kind word in sy anus geskiet en loop na n paar dae uit die hospitaal? Die matrone kan gedwing word om getuienis te gee. Maar sy bly naamloos? Miskien verwag hulle om baie geld te maak met die boek? Die skrywer is gerieflikheids halwe oorsee? Ek hoop die Malans dagvaar hulle.

Roets ·

Laat mens weer wonder oor die AWB leier se dood, die omstandighede rondom sy dood, die aantuigings teen hom en die dreigemente wat hy gemaak het om iets te openbaar.

Hennie ·

Dis dalk waar maar vergete. Julle verstaan nie, dit gaan alles oor geld, dieselfde geld waarvoor dit by hierdie ministers (en huidige ministers) gegaan het. Daarom sou hulle niks oorgekom het nie want net soos huidiglik het hulle mekaar daardie tyd ook beskerm.
Alles is verrot!

Grotman ·

Natuurlik was die NP nie perfek nie. Wys my enige perfekte politieke party en ek wys jou n droomwereld. Dis net aardig dat die genaamde info nou skielik na al die jare na voor kom. Aardig!!

Basjan ·

Sokgolwe trek deur die land! Watter donker geheime gaan daar nog aan die lig kom?

Boerrie ·

Apartheid het niks daarmee te doen nie. Elke mens kom van dag tot dag voor keuses te staan….hulle het die verkeerde gekies.

Catherine ·

Boerrie, ek stem saam met jou. Elke mens het die vermoee om vir of teen misdrywe te stem. Is dit ooit waar?
Tenminste was die staatskaste vol sodat dit deur ander leeg gemaak kan word.

Essa ·

Jy is reg Boerrie, hierdie was hulle persoonlike misdrywe (met staats hulpbronne). My ontnugtering en walging kom van die feit dat hulle hulle kiesers, ondersteuners bedrieg en mislei het; dat hulle nie die mense was wat hulle voorgegee het nie en op die rug
van ‘n vals identiteit gery het. Vals, karakterloos, misdadig. En daarom die land en sy mense misbruik het.! Ek was nog baie jonk toe hulle die mense was wat my Pa onvoorwaardelik gesteun het – hy sou waarskynlik nie eers hierdie aantygings mooi kon verstaan nie. Ek is namens hom briesend vir al die bedrog en misleiding.

Staak ·

Twee verdagtes se name word genoem maar die min wat wel nog lewe se naam word volgens n ander artiekel nie genoem nie.
As die skrywer so seker is van sy bewerings dat hy n boek daaroor kan skryf, hoekom dan bang wees vir n hofsaak?
Dit kom maar net neer op duimsuig en skinderstories, alle geloofwaardigheid daarmee heen.

Paul ·

Staak, jy is 100% reg, vergelyk dit nou met Jacques Pauw se boek.

ek sê maar ·

As almal hier so SEKER is dis snert, skryf dan ‘n boek en bewys dit! Daar is BAIE dinge waarvan ons gewone ouens nie weet nie glo my!

Infanteris ·

Mens kan nie ‘n negatief bewys nie, dus hoef niemand ‘n boek te skryf nie. Die lasteraars moet bewyse lewer volgens ‘ n oorwig van waarskynlikheid. Hulle weet hoe om oorsee te oorleef, so daar gaan geen dagvaardings wees nie. Die redakteur, aan die ander kant, is blootgestel. My held is daarop dat hierdie “navorsing” geborg is deur iets soos die Open Society Foundation. Gaan krap in die skrywers se verlede en ek waarborg daar is ‘n skakel.

Johan ·

Daar is baie dinge VAN ons gewone ouens wat ons ook nie weet nie…. Magnus Malan se naam trek net aandag omdat hy n bekende was. Niemand is blinkskoon nie.

Infanteris ·

Hierdie is bedoel om die dienspliggenerasie in oneer te bring. Die afgelope paar jaar het talle boeke opgelewer oor daardie era en veral die durf en sukses van die SAW word beskryf. Aangesien daar geen oorlogsmisdade was nie, is ‘n ander invalshoek gebruik. Hierdie is laster teen my generasie.

Ella ·

@Infanteris: ek stem saam met jou. My man het in 1978 die laaste keer “grens toe gegaan”. Ons het twee klein kindertjies gehad en ek onthou nog die vrees tot hy teruggekom het.
My hart bloei vir die verdagmaking van dooie mense.
Wie gaan die meeste ly onder hierdie onthullings?

Gemaskerde Sopbeen ·

As dit in die laat 80ter jare gebeur het, en daardie slagoffers was bv 15 jaar oud…..behoort hulle mos nou die bewyse te kan tafel toe bring….want hulle’s nou omtrent 55 jaar oud? Waar is die slagoffers vandag?

Anoniem ·

Stem saam Infanteris, dit is waar, GAAN kyk op YouTube hoe goed het dit met ons gegaan in die BOSOORLOG ! Ek beklemtoon weer, ek sal nie sulke snert glo nie ! Die ouens wat die boek geskryf het moet dit maar eerder as ‘fiksie’ oormerk ! Pensioengeld is OP ???

Lukie Carelsen ·

Wat mense nie alles sal doen om geld te maak nie! Skryf ‘n boek vol snert met sotlike, sensasionele leeuns oor dooie HELDE, sonder enige konkrete getuienis om hierdie leeuns te staaf nie!

As ek Magnus se familie is, dagvaar ek die skrywers en die uitgewer.

Ellisras ·

Magnus en sy familie moet liewers stilbly. Daar is bewyse.
Ek kan nie glo dat daar nog so baie is wat blindelings in hierdie kriminele se onskuld glo nie. Hulle het dit gedoen.

Willem ·

Genade Ellis, is Magnus en kie (waarvan 2 al oorlede is) se eskapades nou belangriker as die gemors waarin die land vandag sit en hoe CR en die ANC dit regeer?

Lol ·

In die 80’s is germ blanke man eerder dood gesien as in ‘ n motor met jong anderskleurige seuns. En waar is die getuienis van die eiland se personeel asook die helikopter vlieeniers ens. Die skrywers verwar fiksie met waarheid. Daar is ‘n gesegde : moenie my plaas waar jy wou wees nie.

Barend ·

So by the way, ek is nou op hierdie punt dat ek werklik nie omgee oor wat se geraamtes van die huidige top ministers uit die kas klim nie, ek vra net, kry tog asseblief net die %$#&#@ ekonomie, groei en dienslewering reg!

Ellisras ·

Die tyd met John Wyllie se “selfmoord” het Die Burger die hele storie gehad. Nasionale Intelligensie het gesorg dat dit nie geplaas is nie. Die 2 joernaliste van Die Burger sal nou nog nie oor dit praat nie.

Paul ·

Ons is nou in 2018, ek stel net belang daarin dat ons uit die huidige ekonomiese gemors kom.

Barend ·

Net solank die vinger na iemand anders wys, sal niemand daarvoor pa staan nie.

Natalia ·

Ek het ‘n vreeslike gevoel van onheil en voorbode ervaar sedert ek hierdie berigte gelees het. My hart voel swaar in my, asof dit in die modder en slyk van ‘n moeras versuip word.

kenneth ·

in the 80s early 90s with the pedophile Gert Van Rooyen saga with the children that were abducted in Kempton Park.
I personally knew the parents of one of the girls who was abducted, they went through a terrible time, sheer hell. All sorts came out of the woodwork to try and help.
At that time these people were being named as being pedophiles including the stories of trips to an island, Pik Botha was named then. Nothing was ever fully revealed then . Maybe it will now, maybe its all lies. But please dear Afrikaaners, your leaders were just people. Take them off the pedestal and know that all of us are sinners. Only God is perfect so chill asablief. “Cursed is the man who trusts in man”

Ansie ·

Dis absoluut disgusting dat die meeste mense wat kommentaar lewer beweerde pedofiele sal beskerm vir hulle apartheid ideale! Wys net hoe diep lê die verrotting!

Johan ·

Niemand koester apartheidsideale nie. Dit gaan oor die oorlewing van n volk. Ansie skryf asof sy eerstehandse inligting het. Die sleutelwoord is “beweerde”. Dan moet mens ook in ag neem dat Magnus Malan oorlede is, so hierdie saak gaan nooit on die hof draai nie. Enige “beweerde” oortreding gaan nou vir altyd staan as n waarheid.

Anja ·

Dit gaan nie oor beskerm nie, as hulle skuldig was moet dit blootgele word maar die storie se tydsberekening val reg in die kraal van om blankes, insluitend die Engelse blankes, te takel, dis al. Dit het tien teen een gladnie gebeur nie.

Koos ·

Kom ons vra dat daardie mense wat destyds as kinders gemolisteer is na vore kom.

Johnny ·

Hoekom word die naam van die enigste een wat nog leef nie genoem nie. Is Hulle bang vir die waarheid. En hoekom dir saam die naam van die nasionale party koppel? Tog sekerlik is daar skewe mense op enige vlak van enige groep?

Willem ·

Hier is een hou wat kommentaar gelewer het wat die inligting het.

Infanteris ·

Ou Romeins-Hollandse beginsel: jy kan nie dooies belaster nie.

Kommentaar ·

Ek het hierdie storie meer as 20 jaar terug gehoor. Oud ministers, kinders, Gert van Rooyen, lugmag wat hulle vervoer. Korrupte klomp. My eintlik nie verbaas nie. Net nie geweet wie die Ministers was nie.

Paul ·

En vandag is die polisie nog minder bevoeg om misdadigers en diesulkes uit te vang, nie dat die verlede minder verkeerd was, maar waarom spoke jaag as hulle nie eens hul huidige dagtake na behore kan verrig nie!

Essa ·

Barend, dis jammer dat ministers uit daardie era nou almal verdag kan lyk. Ek glo, die waarheid sal seevier. Hierdie soort boek word nie geskryf sonder deeglike navorsing en bewyse nie.

Rynhardt ·

Niks verbaas my oor Magnus Malan en NP meer nie.Beide NP en Anc se geknoeiery asook misdade moet bekend gemaak word.Ek glo en weet dat baie van hul lelike stories gaan nog navore kom op die voorblaaie wat die blinde Afrikanertjies regop gaan laat sit!

Vang Propaganda ·

Interesante storie, die laaste van die wat nog heimweë het vir die ou weermag word nou geteiken, daar is nog te veel wat die dissipliene en orde onthou. Die moet nou verwoes word, daar is vrees dat daar ‘n opkoms in verlange na dit is vir een of ander rede.
Dalk die grond storie nou so bietjie hare laat rys, iemand is vrek bang vir die werklikeid wat bestaan het en ‘n moontlike herlewing daarvan, die opkoms moet vooraf kredietwaardigheid verloor!
Hulle word nou nog ‘apartheids’ menisters genoem, in opvolg stories gaan ons die word “afrikaner” meer hoor en assosieer met die storie, eerste fase van die een, sal later erger en meer tot die punt gedryf word, – Afrikaans is die teiken!

Oud Weermag Lid ·

Hoe waar is hierdie ‘storie’ wonder ek.
Is dit dalk propaganda?
Is dit dalk deel van ‘n groep lefties wat onmin wil saai?
My familie was deel van die Mil Polisie destyds en ek het vir die Wermag gewerk en daar was geen sulke snert nie.
Laat die skrywers in die hof verduidelik met bewyse – dan praat ons weer.
Waarom is die skrywers land-uit? Kruip hulle dalk weg en word beskerm deur die propaganda-markers?
Indien jy seker is van jou saak – waarom wegkruip? Dit se alles.

Daan ·

Altyd snaaks hoe sulke sensasionele aantuigings gemaak word…boek word verkoop…geen bewyse kan gelewer word nie…maar die nasate van die wat die aabtuigings maak moet nou daar me saam leef…in jou oë was/is jou pa/oupa n held iemand na wie jy op kyk…nou hoeveel jaar later kom sulke aantuigings uit…hoekom nou?hoekom nie 20 jaar terug nie???

WB ·

Ek kan nie glo dat daar sedert 1994, nie ‘n enkele “slagoffer” na vore gekom het nie, om nie eers te praat van die dosyne amptenare en weermag personeel in die ketting wat nodig sou wees, om so iets te bedryf nie. Die ongenoemde “minister” wat nog leef, moet dan tans steeds een van die gevaarlikste mense op aarde wees as hulle steeds vrees om sy naam te noem. My persoonlike mening, is hierdie boek ‘n subtiele linkse poging om juis die generasie wat die ruggraat van die apartheid jare was, te skok en moedeloos te laat.

Oudste ·

Hoekom is daar nog nie kriminele klagte gele teen die lewende skuldige, indien daar dan sulke sterk bewyse is van die misdade wat gepleeg is, want die bewerings vergestalt kriminele oortredinge. Verwys na die Timol saak waar die lewende oud polisiebeampte nou aangekla word van moord. Die huidige regering sal dit met graagte aangryp om die vorige ampsdraers se kriminele aktiwiteite bloot te stel. Onthou, ‘n boek is ‘n boek, tensy die inhoud onweerlegbare bewyse bevat soos in die geval van Jacques Pauw se boek.

Marius ·

Ek stem nie saam met die sogenaamde bewerings nie. Dit is nie substantief geverifieer nie en het die aantuigings na hoeveel jaar word nou eweskielik op die lappe gebring deur 2 persone wat in hul “outobiografiee” heelwat te verduidelik het. Minnie het SA verlaat na ‘n loopbaan as narkotika-speurder en nou as onderwyser in China[?]. Steyn was aangekla as linkse verslaggewer en hoekom dan ook[?]. Hoekom sien mens dan nie nou dat hulle te velde trek teen die ANC nie maar spesifiek teen ampsdraers van die die ou Nasionale Party [wat nie engeltjies was nie]. Verduidelik asb ook die samespel tussen die skrywers – hoe hul paaiee gekruis het[?]. Jammer ek dink hier is ‘n poging om finansieel voordeel te trek.

Annamarie Olivier ·

Waar?
Hoekom nou eers daaroor skryf?
So word ons die afrikaner al die tyd verkleineer en verdag gemaak deur mense met ‘n geskiedenis dat hulle die regering van daardie tyd gehaat het en vervolg was, daarom sit hulle nou nog in die buiteland.
Maak ‘n saak teen die minister wat nog leef sodat hierdie ding oopgevlek word soos dit behoort gedoen te word.
Hierdie is deel van die padda wat gekook word.

Snert ·

Ek sal ook die land verlaat as ek sulke bog kwytraak. Ek sal niemand in die oe kan kyk nie.
Staaf wat jy se in die openbaar soos Pauw se boek anders beteken wat jy se absoluut niks nie.

V ·

Bird Island Klink vir my soos Suid Afrika se eie Bohemian Grove. Wat sal ‘n mens nou nog hoor?

WB ·

Ek weier om te glo dat daar sedert 1994, nie eers een slagoffer na vore gekom het om ‘n klag te lê nie. Dan is daar nog die ketting van amptenare en weermaglede wat nodig sou wees om so iets te bedryf. Die ongenoemde minister moet sekerlik steeds een van die gevaarlikste mense op aarde wees as hulle bang is om sy naam bekend te maak. My persoonlike mening, hierdie is ‘n subtiele liberale poging om die ruggraat van ‘n generasie te skok en moedeloos te probeer maak. “Vreeslose joernalis” en “waagmoedig polisieman”? Asseblief!

Jack ·

Eintlik het hulle maar al die blanke seuns gesodomiseer deur ons te gebruik vir ‘n oorlog waarna ons aan die vyand op ‘n skinkbord uitgelewer is.

White Rhino ·

Dalk moet die skrywers van hierdie boek ondersoek word?
Kan dalk ‘n regte kan wurms uitlaat?
Konsentreer eerder op S A soos wat dit vandag is.
Dit is ‘n groot gemors.

Grensoorlog ·

Sal graag die bewyse sien.
Sien is glo.
Was die skrywers ook deel van die Grensoorlog of het hulle toe al hulleself skaars gehou?
Sal graag wil weet of hulle diensplig gedoen het en op die Grens was.

Puma ·

Daai plek waar sekere ministers met Puma helikopters olifante ens gejag het in die Caprivi?

Roger ·

Klink weer na tipiese liberale-sensasie en taktiek. Sal alles doen om wit, Afrikanermans in ‘n swak lig te stel. Dit, terwyl dieselfde huigelaars dink dat persone soos die Mandelas et al, eintlik bo God verhewe is. Die skrywers is onbekende randfigure wat nou kwansuis die waarheid verkoop. Word wakker asseblief en besef wat besig is om te gebeur!!!!

Dit was 'n baie lelike tyd ·

Natuurlik sal alles ontken word. Hierdie is die einste mense en hul volgelinge wat gays en ander mense in daardie weermag tot selfmoord gedryf het dikwels op uiters wrede maniere. En baie van die wat weet wat werklik gebeur het leef vandag nog. En moet nog steeds met hul gewete saamleef as hulle aan die uitdeelkant was.

Joa ·

Op mense kan jy nie vertrou nie. God alleen kan vertrou word. Wanneer ‘n mens verrot is van binne, maak dit nie saak van velkleur nie. Daar is wrede mense reg oor die wereld, nie net in SA nie.

Nel ·

Baie maklik om kwansuis nou, nadat al die ‘betrokkenes’ reeds oorlede is en nie hulself kan verdedig nie, met sulke sensasionele snert na vore te kom. Daar is magte (aan beide kante van die kleur spektrum) aan die werk om alles wat Afrikaner was en is tot die grond toe af te breek en te beswadder. En dis natuurlik ook ‘n gerieflike weerafleier vir die bedrog en korrupsie vlaag wat Suid Afrika getref het – ‘n geval van kyk wêreld dis nie net ons wat sleg is nie die vorige regering was nog slegter…

Hoekom nou daaroor skryf? ·

Omdat die waarheid altyd die beste is. Die waarheid kom altyd uit.

En sommiges glo nog steeds dat die ou bedeling goed was. Dit was nie. Dit was nag en loutere hel vir baie mense. Vir die baie mense wat aan die ontvangkant was. Hulle was die ongelukkiges.

Wallie ·

Onwaar, ons het dan tuislande vir elke volk gegee waar hulle die wereld se regte gehad het en blankes uit verwyder was. Moord en misdaad was toe baie laer onder alle groepe as nou, baie laer.

christa ·

Essa, ek voel nog steeds verontreg, ek het nee gestem en alhoewel die ou regering nie foutloos was nie, was hy baie beter en weet darem hoe om ‘n land te regeer. As jy wonder oor die Smit moored, gaan lees die boek “Die lang Generaal van Alden D Elsdon. Jou hare sal rys as jy sien wat het in John Voster se tyd gebeur. Daarom het P.W. Botha aangedring op Voster en v/d Berg se bedanking. Doen jou die guns en lees die boek vir b aie skandes

Sielsmoeg ·

AS dit WAAR is moet die waarheid seevier. Ongelukkig lyk dit vir my na ‘n goed beplande, onderduimse Bell Pottinger- tipe van propaganda aanslag teen die Afrikaner. Die huidige regering ontvang tans sterk kritiek agv van hulle korrupsie en grondonteienings beleid. Hierdie tipe van sensasionele NUUS neem die fokus af van die huidige regering se veelvuldige kommerwekkende aktiwiteite en sosialistiese beleidsrigtings. Terselfdertyd is die doel om die Afrikaner met ‘n bree kwas as ‘n nasie met lelike geraamtes te verf. Uiteindelik wil hulle die Afrikaner se volkstrots heeltemal uithaal al het 99% van ons niks te doene gehad met die vorige regering en hulle sg manewales nie. Dit is ook ‘n manier om die aanslag op die wit Afrikaner (wat niks anders is as volksmoord nie) te regverdig. Op sosiale media sien mense baie dikwels hoe mense geen simpatie met die boere het nie omdat dit nou kwansuis tyd is vir ‘n oog vir ‘n oog. Daar is baie vlakke van oorlogvoering – ekonomiese oorlogvoering is bv regstellende askie in die werkplek (24 jaar later), afneem van plase sonder vergoeding ens. Dan kry jy nog elektroniese oorlogvoering (propaganda) op sosiale media en ook in die pers. Sielkundige oorlogvoering soos om jou taal te teiken (aanslag om Afrikaans uit skole, universiteite ) te probeer druk. Staan vas mense – moenie val vir hierdie lae houe nie!

Sowaar ·

Stem saam. Die skrywers, tydsberekening en die uitgewer is verdag. Die strategiese motief is wel duidelik.
Jammer dat sommige kommentaarleweraars die propaganda soos soetkoek opeet.
Ruik die rot!

Casper Labuschagne ·

@Sielsmoeg – as dit waar sou wees. Maar as dit waar sou wees, hoekom word daar nie klagtes gelê teen die enigste lewende beskuldigde wat glo op kabinetsvlak was, maar wie se naam in die boek verswelg word nie. Dan kan die beweringe ondersoek word en die gereg seevier en dan kan die boek op die waarheid gevestig word. Maar nou beskuldig die boek persone wat in die graf is en mense lyk of hulle oorgehaal sit om alles as die reine waarheid te aanvaar.

In die 1980’s was daar persone wat vertel het hoeveel geld Magnus Malan uit die vervaardiging van wapentuig maak. Ek het almal uitgedaag om vir my ‘n enkele feit te gee, maar dit was alles gevestig op my broer/oom/neef/pa ken iemand wat die waarheid ken maar wat vanweë sy posisie niks mag sê nie.

Gerugte floreer slegs op die totale afwesigheid van feite en halwe waarhede het dikwels (meestal?) die verkeerde kant van wat waar is of nie beet. Maar dit is uitstekende propaganda juis omdat daar vanuit die graf geen verweer is nie. Daarom moet sulke goed geoordeel word deur te kyk vanwaar dit kom en wie maak hierdie aantygings.

Chris ·

Wel – kom ons verander net so ietsietjie.
Wie het S A gekaap? En waar sit ons nou? En ek praat van ALMAL van ons.
Het die werkloosheidsyfer van die 80’tigs gekrimp of gegroei?
Het die moordsyfer gekrimp of gegroei?
Het die land agteruitgegaan van toe tot nou – Of nie?

Liberaal ·

Ja maar dit maak nie saak nie, al is SA nou baie slegter afg is dit ten minste getransformeer en ons linkses wil graag als wat wit is transformeer want liberaliste hou nie van wit nie.

Ellisras ·

Oops. En daar verdwyn hierdie storie vir amper ‘n uur van die lug af. Ek wou net aan ‘n sameswering teorie begin dink. Ek verstaan steeds nie die blinde lojaliteit wat daar bestaan nie.

Liberaal ·

Ja maar liberaliste moet die massas se denkrigting swaai na ver links, so enige storie moet nou opgedis word voor die verkiesing. Feite moet nie in die pad staan van ‘n goeie storie nie.

christa ·

mense hou daarvan om in die verlede te lewe. Die word “vergewe” ken niemand nie. Mense wag jare Nadat hulle verkrag is om daaroor te praat. Hulle lewe graag in die verlede. As hulle na sielkundiges gaan sal hulle beter hulp kry as om daaroor te broei. Die ministers is al vergete en oorleden nou wil die mensdom weer ou koeie uit die sloot grawe om aan te herkou.

Maro ·

Natuurlik moet die waarheid uitkom. As dit jou kinders was sou jy wou weet. Al neem dit 50jaar.

Sophia ·

Al is iemand oorlede an hy het verkeerde dade gepleeg maak dit hom nie ‘n beter of goeie mens an sy dood nie. Waar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie.

Hoekom is sommiges so bang vir die waarheid? Hoekom is die verlede so traumaties vir ander? ·

Hoekom is sommige mense bang vir die waarheid? Hoekom wil sommige mense sommige dinge toegesmeer hou?

Mag daar nooit iets so erg en traumaties met sommige van die kommentators gebeur dat hulle vir jare nie daaroor kan praat nie. Ja aan die ongevoeliges wat sê mense moet net vergewe en vergeet en aangaan – Wag totdat iets so erg en traumaties met JOU gebeur dat jy vir jare nie daaroor kan praat nie. Sommige goed is so erg dat mense vir ‘n leeftyd nie daaroor kan praat nie. Dit het nog net nooit met JOU gebeur nie.

Casper Labuschagne ·

Volgens Max du Preez, is dit niks nuuts nie en staaf bloot al die gerugte destyds, maar dat hy dit sê verbaas my nie.

– Dit is verseker net so onwaar as die beskuldiging van verkragting teen my toe ek by die werkplek ‘n swart kassiere vir diefstal afgedank het.
– Of net so onwaar as die beskuldiging van verkragting teen lede van Afriforum jeug toe hulle ‘n onderonsie met Open Stellenbosch by ‘n standbeeld gehad het.
– Of net so onwaar as die ANC/EFF vryheidsliedere (asook herhaalde aansprake) wat aanvoer dat die wit soldate tydens Apartheid hul moeders en susters verkrag het.
– Of net so onwaar as die hedendaagse revisionistiese geskiedenis waar aangevoer word dat die militant nasionalistiese Boererepublieke vir die Britse ryk aggressief aangeval het en wat tot die ABO gelei het waar Brittanje gedwing was om die lewens van swartmense in die Britse provinsies en protektorate deur militêre optrede te moes verdedig.

Die Afrikaner is vandag die teiken vir alles wat sleg is, dit is allermins die voorreg van die oorwinnaar om die geskiedenis te herskryf. Dit is ook ‘n taktiek om die aandag van die huidige en werklike korrupsie en wanadministrasie af te lei.

Andre ·

Die gebruiklike ou skoorsoekers en denkeboelies se menings word gepropageer deur veral ‘n sekere mediagroep in SA… soos vlieë wat mis ruik. Hul floreer op nuus wat blankes in ‘n swak lig stel. Handige wapen om verwardheid en onmin te saai onder liggelowiges en diegene wat juis ten doel het om land verder oor die afgrond te stoot. Huigelaars, moreelbankkrot randeiers met een of ander diepliggende psigose.

adriana ·

Ek stem saam met jou Casper 100%.
Die kaf sal wel later – nie nou al nie – van die koring geskei word.
Eers wanneer alles tot niet is – en dit gaan kom. Dan kyk ons wie bly agter. Die wat gaan vlug en wegkruip sal die kaf wees en die wat hulle man gaan staan en opstaan waarin hulle glo sal die koring wees. Nou moet eers op die koring konsentreer- nie die kaf nie.
Die kaf is nie die moeite werd om oor te kibbel nie. Was nog nooit nie.

Die wat die waarheid ontken ·

Op ‘n dag sal elke mens wel gekonfronteer word met die waarheid. En dit is ‘n innerlike wroeging wat elkeen self moet deurgaan. En dit is NIE ‘n kollektiewe proses nie. Dit help nie om die koring in kaf te probeer verander of af te maak as snert nie . Die koring is in die geval – Die waarheid. Die waarheid is pynlik want dit ruk jou stabiele fondasie wat bestaan volgens jou eie persepsie en besluite onder jou uit.

Daar is baie wit mense wat steeds die diep wonde van die destydse Apartheidstelsel en die gepaardgaande weermagstelsel probeer verwerk. Hulle praat net nie. Indien hulle wel na vore kom en die waarheid praat beteken dit egter nie dat hulle die “Goeie Wit Mense” of enige ander mense probeer beswadder of slegmaak nie. Inteendeel.

En as daar diegene is wat wel kaf praat of skoorsoek sal dit wel ontbloot word. En baie gou ook. Mense is nie dom nie. Net so is alle mense ook nie bang vir die waarheid nie. En doemprofesië sal mense ook nie van die waarheid weghou nie. Doemprofesië is net te dreigend en te arrogant en te in ‘n mens se gesig om te verteer.

Chris ·

Ek wonder nog altyd of Gert Van Rooyen by sulke sake betrokke was.

J van R ·

ek wonder of Bird island nou ondersoek gaan word vir liggame wat begrawe is

Bly kalm ·

Bly kalm, dis net ‘n leun om Afrikanerleiers te probeer sleg lyk.

J van R ·

As dit waar is is daar ‘n magdom mense betrokke Te veel dat almal maar net stil bly Die eiland aleen moes n klein dorpie gewees het met helikopters wat in vlieg, admin personeel die mense wat na die huishouding moes om sien al die veiligheids wagte en nog meer

Joe Hall ·

Is Chris Steyn dieselfde persoon wat met Barlow van Executive Outcomes getroud is?

ek sê WEER ·

A lie gets halfway around the world before the truth has a chance to get its pants on. Winston Churchill
So… al neem dit jare (of halfpad om die wêreld), die waarheid sal wel uitkom! En party sal op hul neuse kyk…

Mense praat gewoonlik in 'n klein dorpie ·

Presies J van R. Die mense het dus nie stilgebly nie. Mense praat. En dan nog die logistieke en administratiewe bewyse wat jy opnoem. Vandaar die boek wat na dertig jaar later die lig sien.

wie nog almal? ·

Hulle praat ook van P W Botha se suksessor .
Ek sien daar word geimpliseer dat ‘n suksessor van P W Botha dalk ook betrokke kon wees?
Kyk op News 24 en sommer net op Google onder Magnus Malan se naam en lees wie sy suksessor was of sou wees.

kat ·

Wel, kry die minister wat nog leef wat hulle impliseer en vra hom?
Dit behoort nie te moeilik te wees nie?
Onder kruisverhoor behoort alles mos uit te kom?
En indien dit propaganda is – wel – dan sal die skrywers darem lelik op hulle neuse kyk.

Blyde ·

As dit maar net ‘n propaganda leuen was. Die waarheid is soveel swaarder om te verwerk.

Infanteris ·

Die Lang Generaal is FIKSIE. Alles wat gepubliseer word is nie evangelie nie, Christa, Sophia en Johanna. Julle gee blatante ongebreidelde liederlike aantygings die voordeel van die twyfel. Het julle nie onsinverklikkers nie? Die hele idee van die boek is om twyfel te plant. Eenvoudiges gee voor om ewewigtig na albeit kante van die saak te kyk. Hier is net een kant. Julle gewaande beskaafdheid is julle SWAK punt.

Bog ·

Dis is ook laster vir my omdat ek vir die Weermag gewerk het en my familie wat in die Weermag was.
Ek hoop hierdie pot vol wurms word oopgevlek tot op die been.
Die ‘slagoffers’ kan gerus ook na vore kom en kom getuig onder kruisverhoor.
Ook die skrywers van die boek – kan nie daarvoor wag nie .Waarom woon julle so ver?
Groot maatjies ook met China sien ek …… Raai wie is nog groot maatjies met China?

Naamskenders ·

Kan nie wag dat dit verkeerd bewys word nie.
‘n Klap in die gesig vir alle oud Weermag-lede. Ek inkluis.
Ek hoop die skrywers het die rugraat om ‘n paar vragies in S A te kom antwoord – maar ek betwyfel dit – hulle kruip weg in ander lande.
Laat die sg “slagoffers’ ook asb na vore kom? Sal graag hulle weergawes onder kruisverhoor wil hoor.
Ek hoop die Malan-familie neem die naamskenders hof toe.
Probeer hierdie boek dalk die aandag van vandag se gebeure weglei?
Soos plaasbesetting?
Gaan nie werk nie.

Charles ·

Die “New York Times” – weliswaar deel van die verfoeilike hsm-… maar nou ja – het ‘n kritiese artikel gepubliseer oor ons edele Vise- President, Mnr D. Mabuza- stel enigiemand belang om daarna te kyk- of is almal blind VIR DIE WAARHEID en die slawe van leuens en PROPAGANDA?

Henk ·

Ek lees die berig en kommentaar en opinies op radio oor die aangeleentheid. En as n oud polisieman kom n paar vrae by my op. As die skrywers dan so seker is van hulle saak, waarom het hulle NOOIT die post 94 vervolgingsgesag genader met hulle inligting nie? Waarom nou, 20 tot 30 jaar later n boek skryf oor dooiemense wat nie gekonfronteer kan word met die wandade nie? As daar kinders nie teruggekom het nie, waarom sou hulle al die moeite doen om n gewonde terug te vlieg en die gevaar skep dat hulle uitgevang kan word? As n wapen in n man se anus afgevuur is, sou dit enorme interne skade veroorsaak het en verskeie organe sou getref gewees het. Daardie persoon sou nooit n vlug van Bird eiland tot SA gemaak het nie. Hy sou homself doodgebloei het as hy nie dood was voor die tyd nie

Mimi ·

Die Minnie man was n speurder. So persoon kom in die ergste hole op aarde om sake te ondersoek. Baie van daardie kinder dwelmslawe is ideale prooi vir n pedofiel. Hoe sal so kind wat deur dwelms, honger en misbruik moet oorleef, opstaan en n klag gaan lê teen n politikus? Daardie kinders is gebreekte mense, ideale slagoffers. Minnie het di rou waarheid uit kinders se monde gehoor wat niks het om te verloor nie. Ek wonder net, n pedofiel sal seker elke geleentheid gebruik, n mens kan net wonder hoeveel slagoffers het hulle in hul eie binnekring agtergelaat ?

Huigelaars ·

Het jy al ooit gehoor van n pedofiel wat met n bord om sy nek loop en sê, ek is n pedofiel? Ek weet eerstehands wat n lewe is saam met iemand wat so goed “voorkom” dat almal wat hom ken dink daar drup suiwer goud uit hom uit. Tot hy
alleen met sy gesin by die huis is, dan word daardie wonderjas van goedheid eenkant gesmyt en kom die ware mishandelaar en boelie na vore. As jy nog iemand is met n ministerspos, kan jy net dink wat doen daardie mag, aan jou optrede teenoor mense. Joernaliste oor di radio sê die stories was in di tagtigerjare in omloop. So dis nie net die 2 skrywers v d boek wat dinge geweet het nie! Baie ander was net te bang om dit te openbaar. Als van die beste vir Minnie in China. Hy verdien n goeie lewe na hy die dinge in SA beleef het. Glo my daar is min dinge wat jou so breek, as jy daardie “hoog heilige” voor in die kerk sien maar net jy weet watse mishandelaar hy is. Pedofiele en narsiste is oral op alle vlakke……moenie dat voorkoms jou mislei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.