Boek: Die skaalmodel

Skaalmodel_FINAALAnneli Groenewald

Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorpse Skeepswrakmuseum, staan aangekla. Pligsversuim, wanbesteding, allerlei. Maar sy is ’n deeglike amptenaar, en sy het haar verdediging gereed: Skipskop is belangrik, Meneer die Voorsitter, en sy wat Juffrou Visagie is, gaan seker maak dit word onthou. Sy en haar noukeurige skaalmodel van Skipskop wat die Overberg so in rep en roer het.

Die skaalmodel was die debuutpryswenner in NB se Groot Romanwedstryd 2015.

Oor die outeur

Anneli Groenewald word op Bredasdorp in die Overberg groot, en studeer aan die Universiteit Stellenbosch, Universiteit van Johannesburg en aan die Universiteit van Pretoria, waar sy haar MA in Kreatiewe Skryfwerk cum laude ontvang. Anneli is ‘n ervare sake- en landboujoernalis. Tans is sy adjunkredakteur van Finweek en sy bly in Johannesburg.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek: Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus Scheepers ·

Hoekom kos boeke in Suid Afrika soveel meer as in Europa?

JC ·

Baie oulik, so pas aangeskaf in Bloemfontein se L&L.
Ons moet beslis ons Afr skrywers steun, dit sal ons pragtige taal ook baie help!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.