Boek: Die Skattejagbybel vir kinders

Daar is geen groter gerusstelling in die lewe as om te weet dat jou kinders Jesus ken en volg nie. Baie mense sukkel om die Bybel te verstaan of om God in Jesus persoonlik te leer ken en party gee soms al vroeg in hul lewe op…

Wonder jy nie hoe kosbaar dit sou gewees het as jy al as kind saam met iemand die skatte van die Bybel kon ontdek, of God kon leer ken het in lyn met wie jy is en hoe jy dink nie?

Die unieke Skattejagbybel neem jou en jou kinders op ʼn ongelooflike avontuur wat dien as brug tussen Prentebybels en Volteksbybels. Die nege oulike “Weggies”-karakters is ook daar om insig te bring en opwinding te verseker op ʼn reistog waar hulle God en sy skatte kan ontdek.

Tradisioneel dink ons kinders het iets geleer as hulle ’n sekere hoeveelheid stof kan onthou. In hierdie boek word die kind se hele wese – hart, siel, verstand en liggaam – betrek. Kinders word gehelp om die Bybel se boodskap op ’n aktiewe manier, deur middel van allerhande ervarings, te¬ ontdek – en leer begin met ervaring. Dit lei tot refleksie, die inkorporeer van nuwe idees, evaluasie en toepassing. Mense werk op uiteenlopende maniere deur hierdie proses:
• Party wil inligting versamel en probleme oplos deur daaroor te praat. Hulle werk graag in groepe.
• Party verkies ’n logiese benadering. Hulle werk graag met idees, en ¬verlang goeie verduidelikings en reguit antwoorde. Hulle hou van navorsing en analise.
• Party wil probleme oplos, teorieë toepas en praktiese oplossings uitwerk en toepas.
• Party maak staat op hulle intuïsie eerder as logiese argumente. Hulle¬ hou van ’n praktiese benadering, en ook van nuwe uitdagings en ervarings.

Kinders het ook almal hulle voorkeurmanier van leer. Visuele leerders leer deur middel van konkrete vorms, prente en woorde op papier. Kinestetiese leerders wil deur middel van bewegings leer. Hulle wil ook met die regte objekte werk. Ouditiewe leerders maak staat op hulle luister- en ritmiese vaardighede wanneer hulle leer.

In hierdie boek kan kinders die skattejagte uitsoek wat by hulle manier van leer en ook by hulle spesifieke ontwikkelingstadium pas. Later sal hulle bes moontlik ander skattejagte verkies.

Verskillende leeraktiwiteite (die skattejagte) word in die Bybelteks geïnkorporeer in die vorm van kort inskrywings. Die lesers word ook op hulle reis deur die Bybel vergesel deur nege karakters wat die Weggies genoem word. Elke Weggie verteenwoordig ’n ander manier van leer. Hulle help die kinders om hulle pad deur die Bybel te vind en die skatte daarin te ontdek. Daar is ’n beskrywing van elke Weggie en sy of haar tipe skattejag op bladsy 15 beskikbaar.

Die teks van die 1983-vertaling van die Bybel word in hierdie Skattejagbybel gebruik.

Skattejagbybel – lees dit, leer dit en leef dit.

Uitgewer: CM Publishing
Prys: R449-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

Waar kan jy die boek koop?
Skakel CM Publishing by 021913 4172
Of stuur ʼn e-pos aan: [email protected]
Volg hulle op Facebook

Die boek is ook beskikbaar by:
Takealot
CNA
PNA
Bargain Books
Cum Books

Kyk gerus ook na kinders en volwassenes se terugvoer oor die Skattejagbybel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.