Boek: Die skilpad se laaste traan

Carol Campbell

Dis ʼn donker karoonag en Siena hardloop grondpadlangs. Sy is bebloed en vlug na die laerskool by Seekoegat, die enigste plek waar sy veilig sal wees, maar dis ver – drie dae met ʼn donkiekar – en sy is te voet.

Soos wat Siena hardloop, speel die lewensverhaal van haar en twee vriende in haar herinneringe uit. Sy onthou die verwilderde en verwaarloosde Boetie, en Kriekie wie se ma by die stilhouplekke al langs die N1 moes werk. Wanneer hulle drie mekaar later weer as grootmense raakloop, moet hulle hard besin oor die dinge van gister wat elkeen sy eie koers laat inslaan het. Saam met Siena se storie loop die Karooskilpad se spore: ʼn Dier wat die wysheid van die landskap saam met hom dra en wat ʼn enkele traan stort wanneer hy doodgaan.

In Die skilpad se laaste traan verken Carol Campbell weer die magiese, oeroue wêreld van die Karoo, vir donkiejare reeds die plek van die karretjiemense.

Oor die outeur

Carol Campbell debuteer in 2013 met haar hoogaangeskrewe roman Karretjiemense (My Children Have Faces in Engels). Daarna het sy ʼn Huis vir Ester (Esther’s House in Engels) in 2014 by Umuzi gepubliseer. Sy het as joernalis onder andere vir die Argus, die Cape Times en die Mercury gewerk. Sy woon tans in die Verenigde Koninkryk saam met haar gesin.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.