Boek: Die Skuilplek

Die-skuilplek_.jpgCorrie ten Boom

Die triomf van liefde, vergifnis en hoop tydens die Tweede Wêreldoorlog

Die wêreldwye-topverkoper, nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar!

Die skuilplek het reeds meer as 2 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop, en is vandag net so relevant as in Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.

Met die uitbreek van die Tweede Wêrerldoorlog, woon Corrie ten Boom en haar gesin bo haar pa se horlosiewinkel . Hulle word genader deur die Nederlandse versetbeweging om te help met om vervolgde Jode weg te steek. Sonder om twee keer te dink reik hulle uit na dié mense in hul verskriklike nood. Dan word hulle verraai …

Corrie ten Boom se verstommende ware verhaal van liefde en hoop  leer ons om op God te vertrou in alle omstandighede.

Joyce Meyer – Hierdie ware verhaal van liefde in aksie sal jou uitdaag en inspireer.

Oor die outeur:

Corrie ten Boom is gebore in Haarlem, Nederland in 1892, in ’n baie gelowige gesin. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog help hulle gesin die Nederlandse versetbeweging om Jode te versteek en te verskuif. Hulle word verkla en die hele gesin word in hegtenis geneem. Corrie oorleef om die verhaal te vertel.

UITGEWER: Lux Verbi
PRYS: R160.00*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.