Aletté Winckler
Miskien het jy nog altyd baie vinnig by Spreuke 31 verbygeblaai. Wow! Daardie Bybelse supervrou laat jou darem baie minderwaardig voel. Sy werk van die môre tot die aand en doen alles perfek. Hoe hou sy al die balle in die lug? Die ergste is, jy ken vroue wat dit regkry!
Jou reis na ’n ware Spreukevrou begin wanneer jy nie so besig is dat jy geen tyd vir die Here het nie.
- Daar is geen beter skoonheidsbehandeling as vrede in jou hart wat op jou gesig wys nie!
- As jy getroud is, is respek vir jou man heel bo. Begin hom prys en komplimenteer en sien hoe sy liefde vir jou blom.
- Jou werk is om jou kinders te koester, maar hulle ook met liefde te dissiplineer. Die heel belangrikste is egter om te sorg dat hulle verhouding met hulle hemelse Pappa genoeg aandag kry.
Wat hierdie boek nog meer spesiaal maak, is dat jy vir 31 weke deur die boek kan werk en die Spreuke 31-vrou word wat jy kan wees. Daar is 31 weke se vrae wat jy tydens stiltetyd of in ʼn Bybelstudiegroep kan antwoord en bespreek.
Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys: R119*
*Prys onderhewig aan verandering