Boek: Die storieverteller se boek

StorievertellerBoek_cover‘n Outobiografie deur Anna Emm

Toe Anna Emm in 2002 uit haar onderwysloopbaan bedank om haar droom te gaan najaag, die skryf van stories wat die wêreld sal verander, het sy geen idee gehad waarheen hierdie pad haar uiteindelik sou lei nie. Vandag is Anna Emm (Edms) Bpk die grootste vervaardiger van oorspronklike kinderstories in Suid-Afrika, en ook en van die vinnig groeiendste maatskappye. Die besigheid se uniekheid en vasberadenheid om dinge “anders” te doen, is ‘n direkte gevolg van die vrou aan die stuur.

Met die toenemende aandag wat Anna Emm deesdae ontvang, het heelwat mense vrae begin vra oor die “die storie agter die stories”… Almal is nuuskierig oor Anna, oor die pad wat sy gestap het tot hier, en oor haar love affair met woorde. Waar kom sy vandaan?

Die storieverteller se boek is Anna se storie in haar eie woorde. Daar word soms na haar verwys as “the child whisperer”. Met haar amper magical slag met woorde, trek sy jou in elkeen van haar stories in tot daar waar jou tone krul en jy na jou asem snak. Hierdie boek is geensins anders nie. Soos Anna jou aan die hand vat en jou agter haar aan lei deur die donker kronkelpad van haar stormagtige verlede, en uiteindelik tot by die lig, sal sy jou nie onaangeraak laat nie.

Maak gereed vir ‘n ongelooflike storie – en hierdie keer is dit alles wáár. As dit jou eerste kennismaking met hierdie unieke storieverteller is, sal jy verstaan waarom sy so geliefd is onder al die kinders én grootmense wie se lewens sy aanraak.

In die loop van ons samewerking was ek diep onder die indruk van hoe geesdriftig almal in hierdie klein onderneminkie saamwerk, en hoeveel lojaliteit Anna inspireer onder haar mense.” – Koos Kombuis

Ons ken bitter min mense wat so passievol, en met soveel entoesiasme, stories vertel. Vir my en my vrou, Clara, is Anna se vindingrykheid aansteeklik!” – Regardt van den Bergh

Anna is die enigste mens van wie ek weet wat weer magic kan terugsit in kinders se lewens. Ek is nederig trots en in vervoering oor haar en haar talent.” – Gys de Villiers

Anna Emm skenk al haar persoonlike inkomste uit hierdie boek aan die beskerming van mishandelde kinders in Suid-Afrika.
Besoek Anna Emm se webwerf

Die boek is vanaf 23 Maart 2016 hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erika ·

Anna se pad het haar gemaak wie en wat sy vandag is. Baie trots om deel te wees van die binnekring. Mag jy nog groot hoogtes bereik!

charmaine ·

En sy is n baie mooi vrou, sy kan gebruik word vir n Romanza cover girl!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.