Boek: Die stormwalvis in die winter

Die stormwalvis in die winter voorblad (002)Benji Davies

Laas somer het Noi ’n klein walvis gered toe ’n storm dit op die strand uitgespoel het. Noudat dit winter word, wil Noi baie graag weer sy vriend sien. Maar die walvis is iewers in die diep see saam met sy familie. Dit is uiteindelik ’n ysige storm wat hulle weer bymekaar bring. ’n Verhaal van moed en vriendskap; die opvolgverhaal van Die stormwalvis.

Oor die outeur

Benji Davies is ’n illustreerder, skrywer en animasieregisseur. The Storm whale is sy debuut kinderboek en het die Oscar’s se eerste boekprys in 2014 gewen en was op die kortlys van die Booktrust se toekennings vir beste boek. Sy tweede boek, Grandad’s island het die prys AOI Wêreld Illustrasietoekennings in 2015 kategorie kinderboeke gewen en het die prys beste kinderboek van die jaar by die Sainsbury se Kinderboektoekennings in 2015 gewen. Hy het animasie studeer en werk aan ’n reeks projekte; van kinderboeke tot geanimeerde kortfilms, musiekvideo’s en advertensies.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.