Boek: ‘Die stoutste klas op aarde word stouter’

Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER. Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop terwyl hulle die skoolterrein moes oppas nie. En hulle het definitief nie bedoel om LETTERLIK ʼn pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe te bring na hulle skooluitstappie nie. Hierdie goed gebeur net al het hulle ʼn perfekte plan gehad om daarmee weg te kom.

Joanna Nadin se The worst class in the world gets worse is deur Kobus Geldenhuys in Afrikaans vertaal met die titel Die stoutste klas op aarde word stouter. Dié vertaling het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Prys: R165,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.