Boek: Die swakste restaurant in die heelal en ander stories

Jaco Jacobs

Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ʼn ou soentjie – as jy dapper genoeg is!

Vind uit hoe ʼn mens toonkonfyt maak. Of: ontdek hoe ʼn bol kougom die wêreld kan red!

Jy kan kies om te giggel, gil, brul, proes, snork of skater van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Die bundel kortverhale bevat tien stories wat geskryf is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.

Oor die outeur

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 150 boeke vir tieners, kinders en kleuters – van humoristiese boeke wat jou tone laat omkrul van pret tot heerlike grillers wat gewaarborg is om jou hoendervleis te gee! Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, hulle drie honde, ʼn kat en ʼn troetel-luislang; maar sy boeke word internasionaal versprei.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.