Boek: Die takkie wat nie wou knak nie

takkie 1

Martelize Faber

Mika, die mier, het ‘n probleem. Hy roep die hulp van ander dierevriende in, maar daar is ‘n waardevolle les wat hy moet leer…

Dié hardebladboekie is gemik op kinders tussen drie en vier jaar oud, maar is ook geskik vir kinders wat begin lees. Saam met Mika leer kinders maniere en kry hulle ook kans om ‘n paar diere-geluide te maak.

Oor die outeur:
Martelize Faber is baie lief vir kinders en lees en glo dit is belangrik dat elke kind in ‘n wêreld van stories groot word. Die takkie wat nie wou knak nie is haar eerste boek wat uitgegee is. Sy hou ook daarvan om te dig en is ‘n ma van een.

Oor die illustreerder:
Sanrie Steenkamp is ‘n talentvolle kunstenaar wat in haar vrye tyd skilder, naaldwerk en mosaïek doen en verjaardagkoeke vir kinders versier. Sanrie se kleurvolle en vrolike prentjies sorg dat jonk en oud die storie geniet.

Uitgewer: Sprokiesland Boeke
Prys: R50-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Die boekie is hier beskikbaar:
E-pos: [email protected]
Sanrie: 076 979 3351
Martelize: 072 624 8327

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.