Daan Prinsloo
Maak ʼn toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te sê”. Waar begin jy? Selfs ervare sprekers vrees soms openbare optrede, hetsy dit ʼn leerling, onderwyser, predikant, advokaat, politikus of sakeman is; hetsy die geleentheid ʼn huwelik, herdenking of voorlegging is. Iemand moet dit skryf en lewer. Hierdie boek is die ideale bron vir die skrywer en spreker. Dit bied antwoorde op vrae en raad vir enige geleentheid.
Oor die outeur
Daan Prinsloo het menige toesprake geskryf en in Suid-Afrika en die buiteland voor openbare gehore, vir radio en televisie opgetree. Hy is ook ʼn gereelde beoordelaar by redenaarskompetisies.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Ek sal verseker na hierdie boek kyk.
Die beste raad wat ek ooit gekry het oor hoe om ‘n publieke toespraak te hou is die volgende drie reëls:
1) Vertel vir hulle van wat jy gaan vertel.
2) Vertel vir hulle
3) Vertel vir hulle wat jy vertel het.
En dan my eie bydrae – berei deeglik voor, maar maak sleutelpunte en moet jou toespraak nooit uitskryf of voorlees nie. Maar net voordat jy begin praat, plaas daardie lysie in jou sak en praat uit die vuis uit. Na die tyd sal almal jou gelukwens met jou toespraak en jy sal besef dat jy glad nie die toespraak gehou het waarvoor jy voorberei het nie. Maar jy durf ook nooit ‘n toespraak hou sonder deeglike voorbereiding of vakkennis nie.