Boek: Die towenaar se nefie

Narnia-Die-towenaar-se-nefieC.S. Lewis

Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die leë huis langsaan verbind.

Digory is seker hulle gaan ’n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan ’n beloning kry. As ’n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper ’n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in ’n geheime werkkamer afkom.

Maar dan laat ’n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn – en ontaard die vervelige somer in ’n naelbytavontuur.

Oor die outeur

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae