Boek: Die towenaars van toeka: Twee teen twee

Cressida Cowell

Hekse maak amok in die woeste woud en daar skuil gevaar agter elke boomstam. Wens is ‘n krygermeisie wat ‘n kosbare Towerboek besit. Xar is ‘n towenaarseun met ‘n gevaarlike heksevlek op sy hand. Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel. En die tyd word min … Maar hoe gaan die twee verby hulle ouers kom? Dit word ‘n stryd van twee teen twee.

Oor die outeur

Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoperreeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ‘n bekroonde Dream Works-rolprentreeks is, asook ‘n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Die Towenaars van Toeka is weer eens ‘n topverkoper. Dis geïnspireer deur die landskap in die omgewing van Sussex, waar Cressida se ouma grootgeword het. Cressida woon in Londen saam met haar man, drie kinders en ‘n hond genaamd Pigeon.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.