Boek: Die tronkgesprekke

Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk

Dié boek onthul dat PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, in die geheim opdrag sou gee dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer. Mandela se aanhouding was toenemend ʼn tameletjie vir die NP regering.

Wat as dié ikoon in die tronk sou sterf? Die land sou ontplof. Botha was desperaat. Wedersydse respek ontwikkel mettertyd tussen Coetsee en Mandela, en die prisonier begin selfs sy eie vrylatingsproses grootliks bestuur. Alles is hoogsgeheim. PW Botha moes dit kon ontken as dit sou uitlek. Maar agter die skerms bou vertroue tussen die leiers van partye wat in die openbaar geswore vyande is.

Bekende skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self ten nouste betrokke by geheime onderhandelinge tussen die ANC en die NP regering, vertel met medeskrywer Gerhard van Niekerk die verhaal van Coetsee en Mandela se “voorpunt”-diplomasie, waarsonder die 1994 oorgang nie moontlik sou gewees het nie.

Oor die outeur

Willie Esterhuyse is ʼn toonaangewende akademikus en gewese raadgewer vir Thabo Mbeki. Hy tree plaaslik en internasionaal op. Sy boeke sluit in Afskeid aan apartheid, God en die gode van Egipte, Anton Rupert – ʼn Lewensverhaal en Eindspel, wat verfilm is met William Hunt in die hoofrol as Esterhuyse.

Dr. Gerhard van Niekerk was die besturende direkteur van Ou Mutual. Hy was ook nieuitvoerende direkteur van ʼn aantal organisasies, insluitend Nedbank, CG Smith, Transnet, Central African Building Society en die Universiteit van Stellenbosch.

Uitgewer: Tafelberg 
Prys: R280,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.