Roald Dahl
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem…
Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Oor die outeur
Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R135.00*
*Prys onderhewig aan verandering