Chris Karsten
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Tydens sy ondersoek het hy bewyse van grootskaalse smokkelary deur die weermag ontdek, maar toe word die saak skielik in die kiem gesmoor en sy lewe is skielik in gedrang. Die spoor lei Ella na ’n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die smokkelary wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Oor die outeur
Karsten het die ATKV-prosaprys vir Frats ( 2008) gewen, die ATKV-prys vir spanningslektuur vir Seisoen van sonde (2010) en albei ATKV-pryse vir Abel se ontwaking (2011). ’n Man van min belang (2013) was naaswenner in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en wenner van die ATKV-prosaprys. Die respektabele meneer Hartslief het in 2014 verskyn.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering