Boek: Die verevrou

Jan van Tonder

Liora word groot op ʼn volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ʼn magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die rolprentbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ʼn priester, ʼn kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ʼn grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Oor die outeur

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir ʼn vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.