Boek: ‘Die verleiding van Eva de Winter’ – Louis Krüger

Louis Krüger

Wanneer Josua een middag vir Eva de Winter in ʼn Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ʼn begaafde regsgeleerde soos sy in ʼn verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis vroeër in ʼn hofsitting interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dit is eers ná hulle huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy slegs deur middel van obskure soekenjins oor haar kon naspeur?

Louis Krüger se Die verleiding van Eva de Winter het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Krüger se debuutroman Die skerpskutter (1981) is met die Eugène Maraisprys bekroon. ʼn Basis oorkant die grens (1984) handel oor die oorlog in die voormalige Rhodesië. Sy boeke Donkerboskind, Son op die water, Gevaarlike land en Herinnering aan Agnes is in Nederlands vertaal. Sy roman, Wederkoms – die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop, het in 2009 by Human & Rousseau verskyn.

Prys: R310,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.