Boek: Die Verlore eiland en ander stories

Janie Oosthuysen

Drie van Oosthuysen se immergewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.

Die Verlore eiland: Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dit is die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op en wat is die geheimsinnige Ogopogo?

Daar is vlooie in my bed: Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon.

Die towerpotlood: Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan ʼn muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Dan gebeur ʼn vreemde ding op pad skool toe – Ronnie kry ʼn towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?

Oor die outeur

Janie Oosthuysen is die vertaler van die Harry Potter-reeks en verskeie ander boeke, waaronder Artemis Fowl en die Narnia-reeks. Daar het ook al verskeie verhale uit haar eie pen verskyn waarmee sy onder andere die CP Hoogenhout-medalje en ʼn ATKV-Kinderboektoekenning ingepalm het.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.