Boek: Die verlore pikkewyn – ʼn Paul & Vlekkie verhaal

Claire Freedman

Hierdie is nog ʼn verhaal van Paul, Vlekkie en Rosa, die drie vriende van die boek Paul & Vlekkie wat Protea in 2017 uitgegee het. In hierdie verhaal besoek dié drie die dieretuin. Hulle grom vir die tiere, bewonder die meerkatte en kom af op ʼn baie oulike klein pikkewyntjie, Piep, wat baie hartseer lyk. Wanneer hulle die volgende dag weer vir Piep kom kuier, is hy skoonveld! Die drie vriende soek oral na hom, en kry later stry. Maar hulle kom gou agter dat hulle hul gestryery moet los en sal moet saamspan om Piep weer by die huis te kry.

Dis ʼn pragtige storie van vriendskap en spanwerk, wonderlik geïllustreer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.