Boek: Die vierde stem

die vierde stem

François Bloemhof

François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit.

Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie…

Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue.

Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.

Oor die outeur:
François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend vir sy eerste roman, Die nag het net een oog. Van sy pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hulle wenboeke aanwys. Hy het ook reeds bundels vir verskeie uitgewers saamgestel. Daarbenewens het hy sukses behaal met die skryf van tekste vir die verhoog (ʼn kabaret en tienerstuk) en radio (dramas en ʼn vervolgverhaal). Hy is ʼn vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. Hy was ook al verhaleredakteur vir die tydskrif Sarie en boekerdakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.