Boek: Die vyfde mevrou Brink

Karina M Szczurek

Die vyfde mevrou Brink is Karina M Szczurek se memoires van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P Brink. Die Pools gebore Karina was 27 toe sy dié bekroonde skrywer, 42 jaar ouer as sy, ontmoet het en hulle daarna ’n dekade lank bymekaar was. Sy skryf oor hul verhouding: van die eerste ontmoeting in Wene, Oostenryk, haar verhuising oor vastelande heen om by hom te wees in Kaapstad, hoe sy standvastigheid in hul huwelik gevind het, tot hoe sy uiteindelik die uitdagings van André se kwynende gesondheid in die laaste paar jare van sy lewe moes hanteer.

Hierdie openhartige vertelling is die verhaal van twee skrywersgeeste – ’n huldeblyk aan ’n huwelik wat tragies kortgeknip is, maar ook aan ’n liefde wat ’n leeftyd sal hou.

Die boek is uit die Engels The Fifth Mrs Brink deur Erika Viljoen vertaal.

Oor die skrywer

Szczurek is in Jelenia Góra, Pole, gebore en het in Oostenryk, die VSA en Wallis gebly voordat sy ’n tuiste in Suid-Afrika gevind het. Sy is ’n redakteur, skrywer, literêre kritikus en die stigter van Karavan Press, ’n onafhanklike uitgewershuis. In 2020 vestig sy die Philida-letterkundeprys wat jaarliks toegeken word aan oeuvres wat literêre uitnemendheid toon. Sy woon in Kaapstad met haar katgesin.

Prys: R265,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santie Gildenhuys ·

Ek sien uit daarna om DIE VYFDE MEVROU BRINK van Karina Szczurek te lees! Leon de Kock het uitstekende werk gedoen met sy biografie van André P. Brink wat ek laasjaar Julie gelees het. Daar was nogal baie om te verteer in die boek en ‘n paar bladsye op ‘n slag was my voorland. Dat André voorwaar ‘n omstrede man was, is gewis en dat sy optrede meestal buite die lyne was, is vir seker. Ek wonder dikwels of die talle vrouens in sy lewe nie tweekeer sou dink as hulle geweet het hy hou só noukeurig dagboek van selfs die intiemste besonderheid wat tussen die twee van hulle gebeur het nie…

Karina Szczurek is voorwaar bevoorreg om die intelligente en aanvallige slothoofstuk van hierdie veelbesproke literêre genie se lewensverhaal te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.