Boek: ‘Die vyfde slag’ – Johann Grobelaar

Johann Grobbelaar

Karl Louw, ʼn prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ʼn regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou, Wilma, ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ʼn patriargale, chauvinistiese samelewing oor vroue aanvaar. Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit – en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie.

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Hoewel die verhaal verkragting en intimiteit op sensitiewe wyse hanteer, word dit egter nooit ʼn neerdrukkende, gewroegde teks nie. Die titel verwys na die vyf tromslae aan die begin van Beethoven se vioolkonsert in D majeur, met die vyfde tromslag wat ʼn afsluiting én ʼn begin is. Vandaar die motto deur TS Eliot: “In my end is my beginning”.

Oor die skrywer

Johann Grobbelaar is ʼn afgetrede prokureur en woon in Randburg waar hy vir die grootste gedeelte van sy lewe as prokureur, en ook ʼn paar jaar as advokaat in Johannesburg gepraktiseer het. Hy bestee die vrye tyd wat sy aftrede hom gee deur te lees en na klassieke musiek te luister. Hy is tans besig met sy tweede roman.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.