Boek: Die wolkversamelaars

Nadia de Kock

Die laaste wens van ‘n jarelange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ‘n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ‘n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ‘n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Oor die outeur: 

Nadia de Kock is ’n IT-spesialis met haar kop in die wolke. Sy is ook skrywer, reisiger en gewese uitgewer. Bedags stoei sy met internasionale markte, snags skryf sy stories en droom sy groot. Nadia vind inspirasie in die stories wat sy hoor in plekke soos pubs en youth hostels, byna alle vorme van musiek en die ongetemde skoonheid van die Skotse Hoogland. Sy lees wyd en geniet chick lit weens die ontvlugting en komiese verligting wat dit bied.

Uitgewer: Kwela Boeke
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

“chick lit”, “pubs” en “youth hostels”? Wat het geword van Afrikaanse nuutskeppings en oorspronklikheid!?

So word die weg vir ons taal se ondergang gebaan!

Nita Kleynhans ·

Heerlike boek propvol interessante inligting oor ‘n stukkie Skotland wat beslis nou op my ‘bucket list’ is en ek kyk met nuwe oë na wolke. Nooit kon droom dit kan ‘n lekker stokperdjie wees.
Dankie Nadia, na my mening uiters oorspronklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.