Boek: Diere-ABC

9781432304232 Diere ABC - Wendy Maartens HR

Wendy Maartens

Hierdie ABC-boek is geskryf deur Wendy Maartens “en Appelliefie die hanskolgans (wat haar bes doen om letters uit storieboeke op te pik)”.

Abc-boeke bly nou maar kinders en ouers se gunstelinge. In hierdie Diere-abc met lawwe rympies leer kinders nie net die letters nie, maar sal alle lesers hulle verlekker in die plesier wat Wendy Maartens in woorde vind en hoe sy ons die woorde as ’t ware laat proe.

Oor die outeur:
Wendy Maartens woon in Table View – ’n klipgooi van die “groot blou dam”, Rietvlei se strandmeer en die Weskus waar alles om die draai van die gety, vroegoggend se vangs en die stories van vroeër jare dwaal. Sy is ’n kinderboekskrywer, joernalis, vertaler en dromer. Sy skilder graag, doen graveerwerk op klip, maak tuin en toets haar kinderstories op haar ganskinders, Petunia en Lelieblom.

Uitgewer: Random House Struik
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.