Boek: Dierehotel-omnibus

Kate Finch

Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in ʼn omnibus beskikbaar! Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel!

In elke boek maak ʼn nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel – en dit sorg vir hope opwinding! ʼn Prettige, snaakse reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!

LAPA het hierdie boeke eers individueel uitgegee, maar die aanvraag daarna was so groot, dat hierdie omnibus saamgestel is om die prys af te bring.

Die drie stories wat nou saam verskyn is:

1: Alle diere welkom!

Die tweeling Liela en Dirkie kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die hotel lyk nou wel oud en afgeleef – maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is ʼn daktuin en selfs ʼn hysbak. Daar is ook een groot probleem – daar is geen gaste nie.

2: ʼn Groot verrassing

Die volgende kuiergas by die Dierehotel is ʼn gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Liela en Dirkie is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie – sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap! Wat op dees aarde is fout met haar?

3: Snuf in die neus

Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen! Liela en Dirkie het hope troeteldiere om op te pas – katte, honde, konyne, marmotte en voëls. Maar toe ʼn afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Liela en Dirkie met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos?

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R155,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Dit klink nou na ‘n verkoulike boek – ek is bietjei uit pas met kinder/jeuglektuur. My kind is volwasse en ek het geen kleinkinders. Maar ek gaan koop, ek sal IEMAND kry vir wie dit ‘n lekker kerspresent sal wees! Anders lees ek dit self – ek geniet dan nou nog al die Knikkie (uit die kinders se kleintyd!) boeke as ek kaste regpak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.