Boek: Diereverkenners: Lola en die singende orgideë

Sharon Rentta

’n Ysbeer in die reënwoud? Natuurlik, ja!

Lola die ysbeer hou vreeslik baie van plante, maar in die Arktiese gebied is daar nie juis baie blomme nie. Sy is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur.

Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgideë te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie.

Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers.

Jaco Jacobs se heerlike Afrikaans en die besondere illustrasies maak van die hierdie warm boek ’n beer om meer rekening te hou!

Genre: Kleuterfiksie
Ouderdom: Vyf en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae