Boek: ‘Dinge van ʼn hond’ – SP Benjamin

SP Benjamin

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie.

Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het. Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak. Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.