Boek: Dink jouself gelukkig

dink jouself

Pieter van Jaarsveld

Wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld wys hoe jy jou lewe kan omkeer. Dié inspirerende boek:

– Ontbloot ondermynende mites oor geluk
– Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is
– Wys hoe jy jou brein kan herbedraad
– Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid
– Bevat die nuutste navorsing en tegnieke.

Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Romeine 12: 2 “…maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…”

Die boek is vlot en leesbaar, propvol gevallestudies en interessante ware verhale. Dit is verstaanbaar, eenvoudig geskryf en met diagramme ter verduideliking.

Oor die outeur:
Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. Hy en sy vrou woon in die Strand.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.