Boek: Dinosourusse: Feite en geite

Daar's 'n T.Rex in die tuindeur Ruth Simmons en Aleksie Bitskoff

Het jy al ooit gewonder wat sou gebeur as dinosourusse vandag nog geleef het en moes doen wat mense doen? Sê n

ou ʼn dinosourus moes tandarts toe gaan? Of wat as hulle na ʼn verjaarsdagpartytjie sou kom? Of sê nou jy het ʼn dinosourus vir aandete genooi? In die Dinosourusse: feite en geite-reeks verbeel ons onsself hoe dinosourusse in allerhande moderne situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieet en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings. Byvoorbeeld: As ʼn T. Rex sou uitgaan vir ete, sou hy meer as 6000 hamburger op ʼn slag kon eet!

Die boek is humoristies en prettig om jong leser te vermaak, maar sal hulle ook help om allerhande interessante feite oor dinosourusse te verstaan en te onthou.

Daar's 'n Diplodokus by die deurNog ʼn boek in die reeks:
Daar’s ʼn Diplodokus by die deur

Oor die outeur:
Aleksie Bitskoff woon en werk in Engeland. Een van sy prenteboeke het al die Macmillanprys gewen en hy is benoem vir die Cheltenham Illustration Award.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R49-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.