Boek: Dis MY boek!

Fabi Santiago

Wat is die beste manier om ʼn boek te lees as jy ʼn kameelperd is?

Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy ʼn boek in die veld optel. “Ek is mal oor boeke!” roep hy uit.

Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats gepla. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om ʼn boek te lees.

Moet jy plat op jou maag lê soos ʼn krokodil, op een been staan soos ʼn flamink, of selfs onderstebo hang en heen en weer swaai soos ʼn apie?

Kerneels het genoeg gehad en stap vies weg… maar kort voor lank ontdek hy die heel beste manier om ʼn boek te lees – saam met al sy dieremaats!

ʼn Bekoorlike prenteboek oor die vreugde van lees – en hoe om boeke op jou eie manier te geniet!

Oor die outeur en illustreerder

Fabi Santiago is in Rio de Janeiro, Brasilië, gebore en maak al prentjies vandat sy kan onthou. Nadat sy kuns en ontwerp gestudeer het, het Fabi op reis gegaan en die M.A.-graad in Kinderboekillustrasie aan die Cambridge-kunsskool ontdek, waar sy in 2014 gegradueer het. Fabi se illustrasies is vol beweging en beperkte helder kleure. Sy werk met die hand en haar gunstelingmedium is sifdrukkuns. Sy hou van die buitelewe, fietsry, dans en die teater, en dit alles dien as inspirasie vir haar stories.

Die boek is vertaal deur Jaco Jacobs.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.