Boek: Dit kos guts om te bly glo

Dit-kos-guts-om-te-bly-glo-Stephan-Joubert

Dit kos guts om te bly glo deur Stephan Joubert. Foto: NB.co.za

Stephan Joubert

Stephan Joubert wys in hierdie heruitgawe van sy klassieke boek dat daar ook plek by God is vir mense wat twyfel en worstel.

Geloof in die drie-enige God kom nie aldag maklik nie. Dit bestaan nie maar net uit ‘n paar maklike stappe wat jy moet volg as kortpad na geluk nie. Geloof is dikwels ‘n opdraande stryd. Dit vra moed om in Christus te glo in ‘n wêreld wat nie elke dag sin maak nie – veral wanneer die lewe jou ‘n slag hard bygekom het. Dan moet jy die hart van die evangelie goed ken om by al die kitsoplossings verby te stap wat soos ‘n wortel voor jou neus gehou word.

Dié boek wil vir jou op die ander kant van die evangelie wys: op ‘n boodskap wat ook rekening hou met al die swaarkry, onsekerheid, vrees, skuldgevoelens en pyn.

Oor die skrywer

Joubert is ʼn teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ʼn gesinsman. Hy is hoof van ekerk en buitengewone professor aan verskeie universiteite. Joubert skryf saam met Jan van der Watt rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap. Hy het al meer as 55 boeke uitgegee en meer as 200 000 eksemplare is verkoop.

Die Boodskap, ‘n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Joubert is ook die skrywer van baie ander boeke, onder meer Jesus – ‘n radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.